Merck KGaA, Group Compliance Office

Nakoming – Speak Up

Geagte aanwysingsender,

Om verantwoordelik sake te doen, beteken vir ons: om te let, te luister en te verbeter. Ons respekteer die belange van ons werknemers, klante en belanghebbendes sowel as die van die samelewing – dit verseker ons korporatiewe sukses in die langtgermyn. Dit is alles gevestig in ons maatskappy se strategie en gedragskode.

As jy konkrete inligting het dat ons nie aan hierdie standaard voldoen nie en jy gedrag waargeneem het wat die beginsels van ons gedragskode, interne reëls of selfs wette oortree, vra ons dat jy hierdie inligting met ons deel en aktief sal help met die ondersoek. Dit help ons om probleme behoorlik aan te pak en ernstige skade te voorkom.

Dit is ook van toepassing op inligting oor menseregte en sekere omgewingsrisiko’s of -oortredings in ons maatskappy en deur ons voorsieningsketting. Ons maatskappy is daartoe verbind om te verseker dat daar geen menseregteskendings by ons Groep-maatskappye, verskaffers, en besigheidsvennote plaasvind nie, en om daaraan te werk om die onderskeie omstandighede te verbeter indien menseregteskendings geïdentifiseer word.

Jy word dus opreg genooi om jou bekommernisse deur hierdie portaal op skrif of per telefoon aan ons te gee. Indien jy verkies om anoniem te bly en jy nie jou kontakbesonderhede met ons wil deel nie, vra ons dat jy ook ’n beskermde posbus opstel en dit gereeld nagaan. Ons kan dit gebruik om skriftelik met jou te kommunikeer, verdere vrae te vra wat noodsaaklik is vir die ondersoek, en jou in te lig oor die ondersoek se vordering.

Jou beskerming as aanwysingsender is baie belangrik vir ons, daarom bied ons vir jou hier ’n kommunikasieplatform vir die indiening van enige boodskap wat deur die jongste tegnologie bewaar sal word. Indien jy so verkies, sal jy deur al die fases van die proses anoniem bly, ook gedurende enige gesprekke met ons.

Ons wil jou graag by voorbaat vir jou hulp bedank!

Hoe word 'n boodskap geprosesseer, hoe stel ek 'n posbus op?
Hoe kan ek terugvoering kry en nogtans anoniem bly?
Meer inligting oor die indien van boodskappe en die Voldoeningsblitslyn